Vrystaat Streek_Blou_web-01

VRYSTAAT-STREEK

Vrystaat Streek_Blou_web-01

VRYSTAAT-STREEK

Vrystaat Personeelfotos

Ons is 'n boere-gemeenskap, 'n saamstaan-gemeenskap wat sê: "Hier's my hand!" om ons gemeenskap met opvoeding, opleiding en ontwikkeling te laat vooruitgaan! Ons doelwit is om die Afrikaner-gemeenskappe in ons streek deur middel van maatskaplik gebaseerde gemeenskapsontwikkeling te bemagtig met kennis, vaardighede en strukture. Sodoende help ons die kwesbare groepe – kinders, bejaardes en persone met gestremdhede – om volhoubare oplossings te vind vir hul uitdagings.

Ons probeer ook om armoede te verlig en voorkom en om die armoedesiklus te verbreek met opvoeding, opleiding en ontwikkeling waardeur ons individue met kennis en vaardighede bemagtig. So skep Helpende Hand vir individue die geleentheid om die beste helpende hand, daardie hand aan die punt van hul eie arm, te gebruik om hulself te help.

Die Helpende Hand Vrystaat-streek sluit die Bo-Karoo en Orania in. Saam bou ons streekspersoneel en vrywilligers netwerke en pak tak- en streeksprojekte aan. Ons neem ook deel aan nasionale projekte soos die Kosblikkie-, HelpJag-, Skooltassie- en StopHonger-projek. Die Ons Winkels help om werkgeleenthede te skep, maatskaplike werkers se salarisse te betaal en studiefondse op te bou vir jongmense wat anders nie sou kon gaan studeer nie.

Helpende Hand Vrystaat-streek sê: Hier's my hand. Kom vat hande met ons en raak deel van die Helpende Hand-familie. Kom droom saam – met hart, in krag, tot hoop!

 

Bemagtig 'n Kind

Met die Bemagtig 'n Kind-projek, 'n gesamentlike inisiatief van Solidariteit Helpende Hand en Maroela Media, word behoeftige kinders op verskillende maniere bygestaan om hul lewens in 'n nuwe rigting te stuur.

Ontmoet ons personeel

Kobus SO Vrystaats

Kobus Venter

Streeksorganiseerder
[email protected]

079 488 1964
Ju-mari Kruger ASO Vrystaats

Jú-mari Kruger

Assistentstreeksorganiseerder (ASO)
[email protected]

082 412 5470
Chantell Wiesner MW Vrystaat

Chantell van Wijk

Maatskaplike Werker
[email protected]

076 984 9598
Charle Otto KDB Vrystaats

Charlé Marais

Kliëntediens Beampte (KDB)
[email protected]

082 852 0655

Nuus vanuit ons streek

WIE IS SOLIDARITEIT HELPENDE HAND?

Solidariteit Helpende Hand is deel van die Solidariteit Beweging wat in Junie 1902 as die Transvaal Mynwerkersunie gestig is. Die beweging bestaan uit 18 instellings wat onder andere AfriForum en Helpende Hand insluit. Elke instelling is ‘n onafhanklike entiteit en almal fokus op verskillende leemtes in die gemeenskap. Solidariteit Helpende Hand is ‘n niewinsgewende organisasie…
Lees meer...

WAT IS ROEPING?

Wanneer ons na die woord “roeping” kyk, wonder ons dikwels wat dit vir ons met ‘n “gewone” werk, gesin en huis beteken. Die vraag ontstaan dan dikwels: “Wat beteken die woord ‘roeping’ nou eintlik?” Roeping verwys na ons Goddelike roeping – dit is God wat ons roep. In Korintiërs 7:17 staan daar: “Verder moet elkeen…
Lees meer...

Die waarde van vrywilligers vir organisasies sonder winsoogmerk

Vrywilligers speel ‘n onmisbare rol in die sukses van organisasies sonder ‘n winsoogmerk reg oor die wêreld. Dié soort organisasies word ook niewinsgerigte organisasies (NPO’s) genoem. Vrywilligers is van onskatbare waarde vir NPO’s en het ‘n positiewe impak op die gemeenskappe wat hulle dien. Een van die grootste voordele van vrywilligers is dat hulle ‘n…
Lees meer...

Bejaardemishandeling

Die realiteit van bejaardemishandeling Bejaardes speel ’n belangrike rol in gesinne, families en gemeenskappe, veral omdat hulle kennis en vaardighede het om te deel. Solidariteit Helpende Hand het die afgelope tyd verskeie versoeke gekry om hulp te bied aan bejaardes wat moontlik blootgestel is aan mishandeling. Dit is dus duidelik dat bejaardemishandeling ’n groeiende maatskaplike…
Lees meer...

Die rol van ‘n pa

Pa, jou teenwoordigheid maak saak! In Suid-Afrika is ‘n huis sonder ‘n pa ‘n hartseer realiteit. Volgens ‘n studie wat reeds in 2018 deur Statistiek Suid-Afrika gedoen is, woon slegs 33,8% van alle kinders in ‘n huis met albei ouers teenwoordig; 43% woon slegs by die ma-figuur en 3,3% slegs by die pa-figuur. Daar is…
Lees meer...

Helpende Hand Tassiepak 2023

Braaf die Boerboel besoek Vrystaat

Word deel van die Solidariteit Helpende Hand familie

Kalender

Skenk by jou naaste Ons Winkel

Untitled-1