Vrystaat Streek_Blou_web-01

VRYSTAAT-STREEK

Vrystaat Streek_Blou_web-01

VRYSTAAT-STREEK

VS_Landingsblad_Coverfoto

Ons is 'n saamstaan-gemeenskap – mense met harte wat sê: "Hier's my hand!" om ons gemeenskap met opvoeding, opleiding en ontwikkeling te laat groei en floreer.

Ons roeping is om Afrikaner-gemeenskappe in ons streek te bemagtig deur strukture te skep wat die gemeenskap kan ontwikkel en welstand verseker. Ons rus ons mense toe met kennis, vaardighede en hulpbronne sodat hulle self die boustene van 'n hoopvolle toekoms kan word.

Deur ons werk reik ons uit na kwesbare groepe – kinders, ouer persone, gesinne en persone met gestremdhede – en help hulle om volhoubare oplossings vir hul uitdagings te vind. Ons streef daarna om armoede te verlig en te voorkom en om die armoedesiklus te verbreek deur mense te bemagtig met opvoeding, opleiding en ontwikkeling. Só skep Helpende Hand vir individue die kans om hul eie helpende hand te gebruik – dié aan die punt van hul eie arm – om hulself en ander te help.

Die Helpende Hand Vrystaat-streek, is 'n gemeenskap van streekspersoneel en vrywilligers wat hande vat om netwerke te bou en projekte aan te pak. Ons neem met trots deel aan nasionale inisiatiewe soos die Kosblikkie-, HelpJag-, Skooltassie- en StopHonger-projek wat almal daarop gemik is om hoop te bring waar dit die nodigste is.

Ons Ons Winkels speel 'n belangrike rol om werksgeleenthede te skep, maatskaplike werkers se salarisse te ondersteun en studiefondse te bou vir jongmense wat andersins nie sou kon studeer nie.

Die Helpende Hand Vrystaat-streek sê vandag: Hier's my hand – kom vat hande met ons. Saam bou ons met hart, in krag, tot hoop aan 'n beter môre vir ons gemeenskap.

Bemagtig 'n Kind

Met die Bemagtig 'n Kind-projek, 'n gesamentlike inisiatief van Solidariteit Helpende Hand en Maroela Media, word behoeftige kinders op verskillende maniere bygestaan om hul lewens in 'n nuwe rigting te stuur.

Ontmoet ons personeel

Ju-mari_Krugers

Jú-mari van Schalkwyk

Assistentstreeksorganiseerder (ASO): Vrystaat (Noord-Oos)
[email protected]

082 412 5470
Marli_Buys

Marli Buys

Assistent Streeksorganiseerder (ASO): Vrystaat (Suid-Wes)
[email protected]

082 977 3614
Charle_Ottos

Charlé Otto

Streeksadministratiewe Beampte (SAB): Vrystaat
[email protected]

082 852 0655
Caeleigh_Joubert

Caeleigh Joubert

Maatskaplike Werker: Vrystaat
[email protected]
072 837 6240
Chantells

Chantell van Wijk

Maatskaplike Werker: Vrystaat
[email protected]

076 984 9598

Nuus vanuit ons streek

Vier hierdie maand jou vrouwees

Op 9 Augustus herdenk ons Nasionale Vrouedag en dit laat my dink aan die rol wat vrouens speel in die gemeenskappe waar hulle woon en werk. Nie net kan ons duidelik die rol wat vroue in die geskiedenis gespeel het, veral tydens krisistye, sien nie, maar ook in die hede. Solidariteit Helpende Hand Vrystaat-streek is…
Lees meer...

Wanneer laas het jy jou eie naam geskryf?

My pen skuif oor die papier, ‘n stadige dans van letters wat eens so vinnig was. Nou verg elke streep, elke krul ‘n oomblik se oorweging. Ek vra myself af: Wanneer laas het ek my naam geskryf? Ouer persone lê Solidariteit Helpende Hand na aan die hart en ons beskou dit as ons roeping om…
Lees meer...

Drie 𝐣𝐚𝐚𝐫 𝐥𝐚𝐚𝐬 …

“Ek kry oom so 11:00 se kant,” stuur ek die WhatsApp. Gelukkig is ek 11:00 daar, want hy staan reeds buite op die sypaadjie. Van voor lyk dit na ‘n normale huis, maar dit is wanneer jy agterom loop wat jy die karavane en Wendy-huise sien. Hier woon 11 mense. Bejaardes en persone met gestremdhede.…
Lees meer...

Solidariteit Helpende Hand PlantSelf-projek

Solidariteit Helpende Hand wil gemeenskappe aktiveer om selfonderhoudend te wees. Ons wil hulle leer om vir hulself ‘n toekoms te skep waarin hul vry, veilig en voorspoedig kan voortbestaan. Met die Kosblikkie-projek fokus ons op die ondersteuning van behoeftige kleuters met voeding. So probeer ons op ‘n vroeë stadium van kinders se lewe om welstand…
Lees meer...

DIE BEPROEWINGE VAN STANDVASTIGHEID: ‘n GELOOFSREIS

Solidariteit Helpende Hand se jaartema is Waardes wat Werk, en in April en Mei fokus ons op geloof. In Mattheus 17:20 lees ons: “En Jesus antwoord hulle: … voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos ‘n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! En hy sal weggaan, en…
Lees meer...

Helpende Hand Tassiepak 2023

Braaf die Boerboel besoek Vrystaat

Kosblikkie-projek | Kosblikkie stapel | Vrystaat

Word deel van die Solidariteit Helpende Hand familie

Kalender

 

Skenk by jou naaste Ons Winkel

Untitled-1