In die skadu van verlies skyn ‘n ligstraal van hoop.
Terwyl die 17-jarige *Lucas rou oor die verlies van sy ma, word hy ook deur sy biologiese pa verwerp. Hierdie seun staar dubbele verlies in die gesig tydens sy Gr. 11 skooljaar. Sy ma se sterfte het ‘n leemte in sy hart gelaat, maar *Lucas het aanhou droom om sy skoolloopbaan te voltooi. Met die nodige ondersteuning en finansiële bystand om in die skool se koshuis te kan woon, kan *Lucas se droom bewaar word en kan hy die duisternis van verwerping oorkom met ‘n ligstraal van hoop wat vir hom skyn. Die koshuisgeld beloop R2454.55 per maand. ’n Totale bedrag van R27 000 is nodig vir die jaar.
“Die toekoms behoort aan diegene wat glo in die skoonheid van hul drome.”
Eleanor Roosevelt