Deur die oë van ‘n enkelma – Hoop in die Noord Vrystaat
’n Enkelma van 5 kinders tussen die ouderdom van 6 – 15 jaar woon in die Noord Vrystaat. Die werksgeleenthede is beperk en die mamma het onlangs haar werk verloor weens afleggings. Daar is nie ’n Afrikaanse skool op die dorp waar die kinders woon nie en die kinders moet skoolgaan in ’n ander dorp. Die skool het ’n koshuis waar die kinders kan bly gedurende die week en sodoende word daar ook verseker dat hulle basiese behoeftes vervul word. Die kinders van belang toon goeie akademiese vordering en een van die kinders het selfs akademiese toekennings ontvang by die skool se prysuitdeling.Hulle het egter hulp nodig met die betaal van die koshuisgelde. Die koshuisgelde beloop R1550.00 per maand per kind.
“Die toekoms behoort aan diegene wat glo in die skoonheid van hul drome.”
Eleanor Roosevelt