Ons is 'n saamstaan-gemeenskap – mense met harte wat sê: "Hier's my hand!" om ons gemeenskap met opvoeding, opleiding en ontwikkeling te laat groei en floreer.
Ons roeping is om Afrikaner-gemeenskappe in ons streek te bemagtig deur strukture te skep wat die gemeenskap kan ontwikkel en welstand verseker. Ons rus ons mense toe met kennis, vaardighede en hulpbronne sodat hulle self die boustene van 'n hoopvolle toekoms kan word.
Deur ons werk reik ons uit na kwesbare groepe – kinders, ouer persone, gesinne en persone met gestremdhede – en help hulle om volhoubare oplossings vir hul uitdagings te vind. Ons streef daarna om armoede te verlig en te voorkom en om die armoedesiklus te verbreek deur mense te bemagtig met opvoeding, opleiding en ontwikkeling. Só skep Helpende Hand vir individue die kans om hul eie helpende hand te gebruik – dié aan die punt van hul eie arm – om hulself en ander te help.
Die Helpende Hand Vrystaat-streek, is 'n gemeenskap van streekspersoneel en vrywilligers wat hande vat om netwerke te bou en projekte aan te pak. Ons neem met trots deel aan nasionale inisiatiewe soos die Kosblikkie-, HelpJag-, Skooltassie- en StopHonger-projek wat almal daarop gemik is om hoop te bring waar dit die nodigste is.
Ons Ons Winkels speel 'n belangrike rol om werksgeleenthede te skep, maatskaplike werkers se salarisse te ondersteun en studiefondse te bou vir jongmense wat andersins nie sou kon studeer nie.
Die Helpende Hand Vrystaat-streek sê vandag: Hier's my hand – kom vat hande met ons. Saam bou ons met hart, in krag, tot hoop aan 'n beter môre vir ons gemeenskap.
Bemagtig 'n Kind
Met die Bemagtig 'n Kind-projek, 'n gesamentlike inisiatief van Solidariteit Helpende Hand en Maroela Media, word behoeftige kinders op verskillende maniere bygestaan om hul lewens in 'n nuwe rigting te stuur.
Ontmoet ons personeel
Jú-mari van Schalkwyk
082 412 5470
Nuus vanuit ons streek
Saam groei ons – Groentetuine, gemeenskapsontwikkeling en hoop vir die toekoms
Vroue – Die Hoopdraers in die gemeenskap
Hoop: die lig in donker tye
Die klein oorwinnings: ‘n Marie-beskuitjie in jou koffie
Hulpverlening en die bemagtiging van gemeenskappe
- 1
- 2
- Volgende »
Helpende Hand Tassiepak 2023
Braaf die Boerboel besoek Vrystaat
Kosblikkie-projek | Kosblikkie stapel | Vrystaat
Word deel van die Solidariteit Helpende Hand familie
Kalender
Skenk by jou naaste Ons Winkel



