Solidariteit Helpende Hand se Vrystaat-streek bied op Dinsdag 20 Oktober 2026 in Bloemfontein 'n besonderse fondsinsamelingsgeleentheid aan: 'n oudhede- en erfenisveiling.
Hierdie veiling sal fokus op unieke en waardevolle items wat die Afrikaner-erfenis en geskiedenis uitbeeld, insluitend antieke meubels, boerderygereedskap, boeke, kunswerke, familiedokumente, versamelstukke en ander kulturele artefakte. Die opbrengs van die geleentheid sal aangewend word ten bate van die Helpende Hand Vrystaat-streekfonds en Helpende Hand Vrystaat Studiefonds wat studente met rentevrye studielenings ondersteun.
Die afgelope twee jaar het ons 8 studente in die Vrystaat gehelp om te studeer ten bedrae van altesaam R260 000!
Ons nooi u graag uit om deel te word van hierdie betekenisvolle projek deur een of meer items te skenk wat tydens die veiling aangebied kan word. U bydrae sal nie net help om fondse in te samel nie, maar ook 'n waardevolle rol speel in die bewaring en viering van ons Afrikaner-erfenis.
Die geleentheid word aangebied in samewerking met Trinity Auction House wat die lokaal en logistieke ondersteuning borg en alle kommissie van die geleentheid aan Solidariteit Helpende Hand skenk. Felix Burri bied ook sy dienste as veilingmeester gratis aan. Hierdie samewerking stel ons in staat om die maksimum fondse vir die geleentheid in te samel.
Indien u belangstel om 'n item met 'n reserweprys beskikbaar te stel, is u baie welkom om dit te doen. Kontak gerus vir mnr. Felix Burri direk by 082 851 4584 vir verdere besonderhede.
Skenkers wat daartoe instem, sal persoonlik gedurende die aand en ook op ons webblad en sosiale media bedank word.
Indien u bereid is om 'n bydrae te maak of meer inligting verlang, is u welkom om ons te kontak:
Caeleigh: [email protected] | 072 837 6240
Marli: [email protected] | 082 977 3614
Die geskiedenis en herkoms van hierdie veilings items volg binnekort.